moi

moi
seulement moi

Saturday, June 30, 2012


DROOM

ek het jou laasnag
so intens ervaar
dat ek wakker geword het
van jou kragtige kyk.
ek kon voel hoe jou tong
die res van jou liggaam
in my eggo

ek het laasnag
verstom gewonder
of jy dit droom
of weet
of dink -
hoe jou mond betower

ek het laasnag
gehunker na jou arms
sou jou wou wakker soen
om die onderdrukte passie te deel
daarna weer teer te slaap
en my liggaam
tevrede
uitasem
te laat rus


ek het laasnag
opgestaan
gesien hoe die maan en stad en mis
afsonderlik
ongestoord slaap:
en weereens besef dat ons
nooit ‘n eenheid mag wees

(en hy sê gelukkig was dit slegs ‘n nagmerrie
en ek dink dis my realiteit)


Tuesday, June 19, 2012

S T I L

my gedagtes halt
stop in verbaas, ontnugter:
om die woorde te hoor
teenpool die gedagte daarvan

elke koue afgrondtrap
tree stadig verder van kouer
-sien jy nie die smeking
in my oe?-

(hoor wat se jy:::
toe slaan die lewe
jou plat terug
met jou eie hand)

so verwoord ek my smart weg
na 'n enkel warm omgee.
so verlaat ek myself
en haal vlak asem,

sien hoe loop ek weg
van wat my kop dink-
ver ver weg
tot waar ek Lot

ek keer my na my kat;
en sy keer nie weer terug
want seer is seer
en dood is stil

Monday, June 4, 2012

begin


het dit begin
toe my oë
van uitputting
en ongeduld in ander rigtings begin staar het
het dit begin
toe vreemde passie binne my kom klim
het dit begin
toe interessante nuwe wêrelde
hulself aan my vryheid
ontbloot het
het dit begin
toe te veel ander mense
die vertrek begin vul het
het dit begin
toe frustrasie al die betowering gesmoor het
het dit begin
toe musiek anders begin klink het
het dit begin
toe die gode hulle wil
op ‘n lewe geblits het
het dit begin
toe ek besef
daar is ‘n onbreekbare ander band
het dit begin
toe ons lag vergaan het
het dit begin
toe ons die dag ophou dans het
het dit begin
toe ‘n lewe kanselleer
het dit begin
toe vriendskap moes halt

Wanneer het ons einde
begin?

(my potlood se punt het gebreek) 



en-

en so skeur
sy kleure lap
van ‘bondage’
en wurg af van suwwe lyf
ontsnap
en wonder
waarom roep verwerping so
die magneet van ‘nee’
wat altyd haar oë vang
en telkens breek ‘n drang
in vrae, vae selfondersoek
sonder om te vind
en sy jaag ‘n vreemde soeke
na die wat nie kan ontvang
en teleurgesteld traan nog een
na niks
in die treurverhaal
van haar spiraal-drang.
en hy baklei haar
nie eers terug.
en so gaan dit aan