moi

moi
seulement moi

Thursday, December 13, 2012

teerheid

1)

gister sou
hy Hoort
maar nou
Pas hy
delikaat
sy woord
in deernis



2)

asem fluister
in haar slapende gehoor
flenters vlug
die seer vanuit
sy diepste trane
asem styf
en stadig
vlak

vervang haar veer
en talm
tot doodstil haar vrees
beweging maak
om asem
terug
te ontwaak



3)

dalk,
miskien
sou die lewe beter gewees het
sonder lettertaal
om so aan elke individu
sy eie prentjieletters
te gun

wat woordbeelde maak
esteties in beginsel,
sag en mooi,
sonder dat frommel letters
onsamehangend
flenter slaan

hoekom moes Mayan nou tot 'n einde kom?


Sunday, December 9, 2012

rou

1.

bietjie-lyfie dood
'n wrede wanbegrip
tussen aannames
perspektief
en samelewing
se sogenaamde norme

hy blind hom
teen 'n toekoms
van warm omgee
nuwe lewe
opreg lief wees

staar vas in sy doos
van hoek en lyn en vlak
wat bietjie-lyfie alewig bekak
2.

wat het geword
van jou blomme
soene met tuiskoms
vashou
tot die moredou
sprankel bewonder
sonder vraag wat dit bevorder
wat het geword van jou
die mooi van jou

het ons mekaar
so doodgevou
?

3.

TONGUE:

take me
fake me
break me
rape me