moi

moi
seulement moi

Saturday, July 27, 2013

Blouvuur


hy kies sy glas
breek delikaat
‘n deel vir hom af

voel die vel teen vel

 
bring nader aan
Blouvuur

en laat die fantasie
millefiori van kleur vertel

laat gomtrane drup
in sagte hit

van blouvuursmeul

 
sy kinkeldans haar bestemming

in sy warreling van hand
Hy halt –

Sy vrees die breek –

maar hy skoonvuur haar vorm
weer terug in kleur

gedagtegange om en om
vloei in asem

 
blaas haar sag

verwarm weer
drup   draai   gom   leef

vervorm

verras die onbeplande eindresultaat

 
sy vloei

sy gloei
sy sluit haar af

voltooi
‘n samespel

van mond en hand

en glas en vel


Friday, July 5, 2013

windwoord

ag

die woorde
hang
net

lyn die wind
sinneloos

sinne
wit wasgoed die beeld

waai
woorde waai wit
weg

sin
maak dit sin?

vir jou?