moi

moi
seulement moi

Sunday, January 27, 2013

asemstilstand

soos jou asem halt
in onbewuste slaap
-pynloos-
tot versmoring smagtend
snak na vars

lug ek my asem
stil na onbewuste
-pynloos-
versmoor
smagtend
na vars

die oorlog sluimer
in 'n woordelose
asemstilstand

Thursday, January 24, 2013

coco


detail meets simplicity
poetry meets absence
passion meets solitude
painting meets imagery
fashion meets skin
perfume meets perfect
sound meets music
words meet silence
life meets art
pain meets pleasure
human meets divine
 

Wednesday, January 23, 2013

vergewe my steel van 'n ander se woorde:

Eilandgroep

Dit is maar enkel waan
dat ons 'n eenheid was;
groot stromings van die oseaan

het ons geëiland tot 'n argipel
van enkelinge waar ons briewe rou en skel
van strand tot strand soos meeue fladder
en van mekaar se eensaamheid vertel.

Wild staan die palms bo die water,palms, bamboes en die gras,
maar in die onbewuste dieptes êrens ...
êrens is ons aan mekaar nog vas.


 


Monday, January 21, 2013

noodkreet

sy glimlag apaties
se: ek is fine
maar weet
sy nie:
ek weet fine,
beleefd glimlag,
is slegs mooier
vir fokof;
help;
help;
red my
van my eie nood

ma

die maan staar venus
my kind ontlaai by water
net klipgooi hiervandaan,
of doen -
ek weet nie
wonder net
en moeder -
hart houvas
wat onkunde roer

my kinders
elkeen
almal individueel
op eie koers
eie plek
en baie ver:

waar Ma nie meer nie.

help my ontlaai
dit draai

Wednesday, January 16, 2013

onvoltooide gedagtes

woorde warboel die chaos
in my gemoed
ontbind 'n liggaam
verslae afgeknot

tot nuwe groei
-deur jou aanraking betower-
die sagte soeke van jou stem
omhelsend vrede bring
en die honger van jou kyk vertel:

maak jou boek oop
ek wil jou lees