moi

moi
seulement moi

Wednesday, February 22, 2012

Nasmaak voorsmakie

1) Straatlig ontmoeting

Twee wolwe het mekaar ontmoet
en sonder woord mekaar passievol begroet
hul liefdesspel dringend en lomp gedans
onder die straatlig se geheime glans

Die stad se lig het verlangs slaperig
die nagtelike misterie van verlore tyd verklap
- 'n onheilspellende straatligskynsel teen haar pels -
Hy effe bedwelm maar steeds gereed om te omhels

Met die klank van sy huil - sy ekstase of sy leed?
wat vir 'n oomblik alle tydsbesef verbreek
ontvang sy die hunkering, so delikaat en teer
Baklei teen die tragedie wat hul eenheid keer

Ek merk die beangste verskrikking toe mense hul dans ontbloot
en elk na eie eensame verkeer verstoot
en tog kyk hulle - in hul trans - vlugtig om
en voel die ander se genot: verstom

2) Onvoltooide gedagtes

woorde warboel die chaos
in my gemoed,
ontbind 'n liggaam
verslae afgeknot

tot nuwe groei
(deur jou tong betower)
die sagte soeke van jou stem
omhelsend vrede bring
en die honger van jou kyk praat:
maak oop jou boek,
ek wil jou lees

3) ensemble

Onderdeel van 'n musikale komposisie
soos 'n harmonie van dans
Kaalvoet
met bewing
vurig kragtig
verander soeke in vonds
Vingers tril
Tref
'n oog word tot traan ontroer
Harmonieus
halt als 'n oomblik bewegingloos in tyd
hou ek die are van jou liefde vas
Kyk
Sielsig
Wetend
Stilswyend
Intens
Bang om die oomblik te breek
het ons duet die aarde vir 'n oomblik laat stilstaan

4) hou my vas

Hou my vas in jou omhelsing
Voed my siel met jou vreugde
Vou jou arms om my vrese
Vul my met jou energieke entoesiasme
Kalmeer my met jou kyk
Troos my met jou towerwoorde
Hou my in jou koesterende arms
Hou my vas
Hou my asseblief net vas

Vul my
Voed my
Vat my
Maak my joune

5) Dans

Kom dans met my.
Ek is wreed.
Met elke beswyming in jou arms
laat my net weer vergeet.
Dwarrel my in jou ritme.
Maak my dronk in jou draaie.
Laat jou kyk in my soeke val.
Help my ontvlug.
Lei my voete op die punte van joune.

Help my hardloop.
Ek is baie wreed

6) Seer

o here dit maak so seer
elke herinnering reen soos 'n vuishou op my neer
dit verdrink my in die smart
my volle wese van my afgevat

Monday, February 20, 2012

Moving

they're all moving
mumbling
laughing
chattering
chewing
trying
flying
lying
punishing
drinking

and not
listening

at all.

stop.

Chaos

twee milligram
kalmeer paniek
na slaap                     
waar gedagtes
speel
met tienerfantasieë

Hy wil nie
En hý wil
En sy wil
die wil breek
van Aries

haar planete voorspel
haar ma was reg
twee word meer
en almal se paranoia
speel gedagtes in  ‘n slaap
waar tieners
oordeel
soos die samelewing glo

‘n geliefde
en vreemdeling ma word een
geen ouderdom tel
en almal voorspel
al wil sy nie hoor

die wêreld is klein
Hopeloos
te klein

die fokken slet
verloor haar hoop
droom wettig medisinaal
van ontvlugting
sistematies vermy ‘n nagmerrie
-hierdie een-

Onsin
of geluk?
(pa se kind)