moi

moi
seulement moi

Tuesday, December 2, 2014

skadu

aan die skadukant
van asemhaal
het hy haar gevang
stil
onopgesmuk
en kalm
het hy sy sagte hand
om haar blare laat talm
die skadu getemper
son beheer
sodat haar asem weer
die skadu kon hanteer

Friday, October 3, 2014

bloed


hello pa

was dit jy

wat jou groot hande

in ‘n wit kokon om my gevou het

wat met jou wit kalmte

my daar wit vas gehou het

sodat iemand kan heel bly

om al die stukkend weer bymekaar te kry

 

miskien

miskien sal die bloed

my woorde eendag vind

miskien sal my are

met die padkaart

van my bloed verbind

miskien sal bloed weer bloei

miskien,

ja net miskien

weer minder skroei

 

bloedblom

jy het twee vingers

my twee kinders huil

bloedtrane

my geliefde breek

in stukkies

en my hande

is stom

 

reaksie

Jy bloei (dit spuit)

Sy breek

Sy breek breek

Jy swel

Sy skel

Sy hel

Jy traan

Sy kil

Sy gil

Jy bloei my lief

Jy bloei

Jy bloei

Jy bloei
 
 

Tuesday, June 24, 2014

tear

i swallow your tears
take them whole
break them in me
make them mine
and celebrate our unity

Wednesday, April 30, 2014

Son der


Jy het oornag

verander in iemand

wat klop voor Jy inkom

Kind van my

wat vroeër die son

oorstraal het

Is dit my oë

wat anders sien?

‘n Vreemde swart son skyn nou

en Jy gaan heen

sonder groet

Wat as ek nooit weer mag

Jou groet?

Kind ek krimp!

Here tog

is Jy dan blind?
 
 

Monday, April 14, 2014

Skurweberg

 
Dis stiltewêreld die:
 
Hiér tap jy al die nag
 
uit jou are.
 
 
Gee my ‘n wit gekalkte huisie
aan die voet van Skurweberg,
met ‘n groen deur
 
wat oopsluit vir die veld.
 
Sinkdak vir die reën
 
wat skaam kom kletter.
 
Rietjies-stoep wat son versag
 
en ‘n klipkraal wat
 
my voorvadergeeste aanbid.
 
Ek sal heilig klippe stapel
 
elke sonsopkoms
 
in hierdie stiltewêreld:
 
 
Hier tap jy
ál die nag
uit jou are.
 
 

Thursday, April 3, 2014

wiegelied


 
daarsy:-


sus my

maak my hande

agter vas

met jou bloed-gulsige doringdraad.

sus my en

sê ek moet jou kinders dra.

 

daarsy:-

sus my

jy wat sê

jy kan my nie vertrou

sus my nou.

het ek nie jou hartsake

vír jou verduister, hulle pyn gespaar?

 

daarsy:-

jou naam loop voor jou uit

het Pa gesê.

ja, my liewe Pa

die aardse naam wel...

my voorvader-hartsnaam toegeken

stap elders

 

sus my:-

harts-woorde bitter uit op wit papier

want wat hulle sien

en wat ek ken

mik nie uit dieselfde visier

 

sus my:-

hierdie doringdraad sny
 
 

Wednesday, March 12, 2014

kind

ek wil net
weer kan lag

krummel haar
roukeelwoorde
na my hart

Tuesday, February 18, 2014

jy vra my - ek verduidelik

Bloedrivier
Slent deur Bains
haal vining asem
in Tankwa modder
en reis verder

hier gaan haal jy jou Aura
daar ver
tot waar die Knolle slaap
in diep verborge Fonteine onder klip

die Berg se vel verdroog
in dorre Son
en Rotse aanbid
Sy son se ondergang

Bloed van menswees
vloei in Water
suig die Vog terug
en bruis deur vingers weg
na 'n nuwe Begin

Wednesday, February 5, 2014

fishing



coming over the hill
they unexpectedly line the shore
and rod their needs
into the anger of the endless ocean -

(Feed!
Feed your fancy
Feed your soul)

humans stem her gushing waves,
interrupt her hostile flow,
morsel her abundance,
hoping for an offering to go

blouwaterdood




toe vang jou vlymskerp horison
sy aanbidders-oog verrassend
blou

metaal frommel
vel vou
dit draai te vroeg
te vinnig

sy vlug halt in jou golf se greep
asem val
en breek

Dis blou.
O Hemel die see is te blou.

mag ‘n aardse engel hom hier ontvlug
van jou onaantasbare horisonhel...

vir ewig vashou
saam met die wat nou rou
.

Saturday, January 4, 2014

bruising


who is she

entering this house of Aphrodite?

flooding in through bars

and barricades of steel heart shaped locks

who invited you in?

explain yourself to me, stranger

 

trickling with her shredded cloak like a spectre from the darkest ocean

separating your skin from my skin

floating expressionless like a phantom from the past

unseeing eyes cast into nowhere

every icicle shard of her clothing tearing another unwanted emotion from my skin:

making our skin feel different

 

and I don’t know why

 

breathe-

breathe slowly.

rest your heart.

and just let her pass