moi

moi
seulement moi

Tuesday, December 17, 2013

today


 

your eyes were far away

they were salting

into solitude

far beyond my touch

 

they screamed at life

and shut me out of life

 

i faked a strength

i faked a strength for you my love

agtergeblewegeluk


 

 

 
agter die heks se berge

skuil ‘n groen vallei Pa.

die gras groei tot teen haar teer Pa.

daar waar geen voet verder kan verweer Pa.

gaan soek dit Pa.

sprei jou vlerke en gaan vind

net agter die heks se berg Pa.

daar is ‘n rusvallei vir jou te vind Pa.

sy bied ‘n land van onskuldmelk en soete heuning Pa.

daar is haar moederskoot sag gevou Pa.

sy  sal jou met groengeil arms ontvang Pa.

 

dalk,

net dalk het jy haar reeds gevind?

wyl ek nog hier agter

sukkel om haar uit te klim
 
 

 

kattekwaad

 

i)

alleen

(dink hy)

speel die ou man

asof jonk.

die filosoof

kyk ongeërg om

toe hy besef

ek kyk na hom

 

ii)

een – oog wit, soen

sy blink - swart vriend

`n oggendgroet

 

iii)

Ganesh leef gou

`n bietjie kat

voor hy weer

posisioneer

vir daaglikse aanbidding
 
 

 

Wednesday, September 25, 2013

bonfire


 
he found me next to a fire
drumming my solitude
into infinite space
 
he found me
and i lost me
when he found me
in my space
 
he found me
and i found me
when we lost me
and found us
 
now you shall find us
next to a fire
drumming a rhythmic love
into infinite space
 
 

Jean


Oom Louis vertel van die klinknaelbroek wat in die jaar toet Ouma se hare laat rys en grys het toe dit die eerste keer in haar huis kom groet.

Die opskudding wat deur die broek veroorsaak is weergalm in my gedagtes beelde van modebewuste fotograwe wat tydens die afbreek van die Berlin Wall in 1989 gefokus het op Levi se Jeans aan die heupe van die duitse jeug. Die klank klink naelagtig, ‘n simbool van rewolusionêres en Rock kultuur. Die broek klink sommer reaksionêr maar tog so lekker gemaklik. Wonder of Levi Strauss in 1853 ooit besef het wat sy legacy aan die konsep van geskiedenis sou doen: of hy nou asemhaling toelaat, skin, knyp of hang onder die heupe? ( Die broek bedoel ek.)

Terug na Ouma dan kom ons by die woord toet. Waar kom so elementêre woord vandaan??? Van iemand wat ‘n gatvol uitdrukking op sy gesig kry en so sy siel se ouderdom verklap? Dus glad nie iemand wat die vryheid van Jean sal verstaan nie. Bloot ‘n  mooier woord vir pissed-off. Ag tog. Die samelewing wat so hard probeer wegkruip van die ware feite, dit bly so siek en dom. Hoekom almal nie maar net kan wys wie hul werklik is of wil wees nie. Die toet aflaai.

Nee, kruip eerder beskermend weg agter die beeld wat society voorhou. Bly in die comfort zone en as die zone sê trek die broek tot onder jou boude dan word dit eenvoudig gedoen sonder vraagteken. In der waarheid bestaan society nie eers nie. Dis ‘n blote konsep van niks of iets (afhangend van jou persepsie / comfort zone), geskep deur mense soos ons wat nie weet hoe om dit te definieer nie...

Ouma het seker vyftig jaar gelede gedink haar kind word nou deur die bose beheer! En vandag is Jean aan (of onder) ‘n heup so onafskeidbaar soos brood en botter. Ek hou van die woord klink-nael-broek...klink so klapperig. Onsvattiekakkie.

Bitter Letsel


 
ek het my gaan balsem in die kruiereuk van veld.

jou af gewas en weg geskaaf in bruisend vries bergwater.

jou skynheiligheid gaan vermorsel teen elke krans se afgrond rots.

daai vlymskerp tong van jou gaan uitskreeu

en gevryf tot swelblou in elke Doodstil klip.

elke  verminkte opinie en vals aanklag van jou mond

het ek uit gaan wip. Hard weg gespoeg

en onder nuwe wiel  vertrap,

verewig in ou teer en gruis.

ek het jou gaan braak en weer en weer gebraak.

ek het jou in klowe gaan verbrysel.

die natuur gevra vir hulp

met jou spoke jaag tot Niks

wat in die oggendmis kwistig uitvee, verdwyn.

ek het jou terug vermink na Nikswerdman.

eie self (en al jou ander slagoffers) weer mens gemaak.
gepleit vir nuwe vel.

because i am finally moving on.
 

Monday, September 9, 2013

die water dans 'n kalm kabbeling
in sirkels van herinnering
donker dieptes snak en soen
en bieg teen boeg van blou en wit
dit suis my in 'n koelvars nuwe toekoms in
songroet val van jong-groen lenteblaar
teen hellings van die vogelsang
wilde malva groei uit klip
gestapel uit die donker
een vir een tot wit
want sy het aan hom genoem:
hier wil ek met jou ewig gaan sit




Friday, August 23, 2013

chakra treasure

i found me a treasure
with grounding garnet eyes
harmonious carnelian hands
revitalising amber laughter

i found me a heart shaped emerald
screaming for filtering light
on a dark journey towards sunshine

i found me a treasure
pulsating aquamarine
sensing lapis lazuli in third eye glances
of a numbed pituitary gland

i found me a treasure
on my mindless journey to enlightenment

his amethyst crowned a tree spirit
in eagle wings

i found me a treasure
where my aimless gaze directed my foot
through abandoned seashells,
broken

i found me a treasure
yes, i found me a treasure
and i wasn't even searching
 

Tuesday, August 20, 2013

‘n ander se kind


 
‘n kind is gister dood-gery

terwyl ‘n kind

‘n toekoms oor  ‘n pad wou tree

 

‘n kind is gister dood-gery

terwyl elke lamppaal

pistorius se saak uit-skree

 

‘n kind is gister dood-gery

in jou donker oë

 

‘n kind is gister dood-gery

sy was oppad

om ‘n lewe te bloei

en toe stol ek haar kwesbare

onskuld-trap

net te laat

 

‘n kind is gister dood-gery

want ek moes begin lewe

het jy gesê

 

‘n kind is gister

dood

gery
 

Monday, August 12, 2013

lag

om weer te kan lag
vanuit die diepste dele
die kriewel te voel opbou
tot 'n spontane geborrel van klanke
onbelemmerd
vurig vry
sonder pretensie oor hoe dit klink of lyk

net te kan lag sonder ophou

om net weer my kop teen jou bors te kan sit
en net te kan huil

Saturday, July 27, 2013

Blouvuur


hy kies sy glas
breek delikaat
‘n deel vir hom af

voel die vel teen vel

 
bring nader aan
Blouvuur

en laat die fantasie
millefiori van kleur vertel

laat gomtrane drup
in sagte hit

van blouvuursmeul

 
sy kinkeldans haar bestemming

in sy warreling van hand
Hy halt –

Sy vrees die breek –

maar hy skoonvuur haar vorm
weer terug in kleur

gedagtegange om en om
vloei in asem

 
blaas haar sag

verwarm weer
drup   draai   gom   leef

vervorm

verras die onbeplande eindresultaat

 
sy vloei

sy gloei
sy sluit haar af

voltooi
‘n samespel

van mond en hand

en glas en vel


Friday, July 5, 2013

windwoord

ag

die woorde
hang
net

lyn die wind
sinneloos

sinne
wit wasgoed die beeld

waai
woorde waai wit
weg

sin
maak dit sin?

vir jou?

Sunday, June 16, 2013

soledad


gruwelklanke skreeu
snags as
mensdom stil sy
 
braak letters
 
kots-geskommel op
 gefrommel
 
 
‘n eensaamheid haar
 lewensmaat
 
 
selfs oë
sluit 
 
haar nie
uit
 
 
 
verwyder die evidence sluk
dit terug slurp
 
gulsig op ek kan
jou lewenslange
 
tronkstraf
nie verwoord
 
 

Thursday, June 6, 2013

Sunday, May 19, 2013

sondagoggend hier met jou

i)

koffie uur
kolgans skel
ryp verdwyn
sonskaam sluimer
kinderstemme rus

tweewielenjins vlug die berge in
en ek probeer my drome liaseer

jou ignoreer

ii)

jy voel maar net anders
glip sy woorde

iii)

tyd vir 'n nuwe girl
tyd vir 'n nuwe girl

vee maklik uit in skrif

Monday, May 6, 2013

dad

you spoiled me with your warm, kind love
unconditional,
compassionate,
silent,
and always there
to celebrate me as your first choice
for that moment

and when your body left us for a new love
your love became my endless longing
yearning deep inside my being
to be touched,
embraced,
comforted,
like i am the first choice:

no other love compares

Monday, April 29, 2013

ek kokon my
eensaam
in 'n donker
woud

waar bome
dooi-grys
gryp
na asem

wag vir die tsunami-golf
van vretende herinnering

freudian inheritance

damage
has gnarly fingers
that creeps through
every
unexpected gesture

words a hidden emotion

which Freud called
a slip

Friday, April 19, 2013

i skull my blue
into the hull
where dark curtains
draw close up
into remembrance

into safety of myself
me
only me

into my own memory
of me
only me

Thursday, April 11, 2013

Pruning

pruning of a tree
requires patience
trust
precision
and choice -

this branch is needed
this one not
I'll stand on this one
to prune that one
and pray I won't fall
from this one
to rid her roots
of that one

this tree
silently
agrees.
or not?

skin

there is skin
and there is stretch
of membrane

should you leave,
which photo
will dress my frame

what significance
will a stretch of surface compare
with your soft warm skin

where will I see the light
as my heart enters
dark woods of loss

how will I search and find
the ever present presence
as you're leaving

in your death
of skin

Sunday, April 7, 2013

the bibliography of strings

(from I Wrote This For You by I Thomas)

And you taught me what
this feels like.
And then how it feels to
lose it.
And you showed me
who I wanted.
And then who I wasn't.
And you ticked every
box.
And then drew a line.
And you weren't mine to
begin with.
And then not to end
with.
And you looked like
everything I wanted.
And then became
something I hated.
And you get thought of
every day.
And then not in a good
way.
And you let me leave.
And then wish I'd
stayed.
And you almost killed
me.
But I didn't die.

my own seeking words could not find better
so i had to share anothers

Thursday, April 4, 2013

ontnugter

hy hou die duif
op sy tong
vasgeklem
hartklop angstig sigbaar
in haar veer
oog verstar in vrees
tot hartklop halt

het jy geweet  'n duif
kies lewensmaat
een maal lewenslank?
fluister ek.

het jy rerig gedink
hy sal nie vir hom
'n nuwe lewensmaat
na dood gaan vind?
lag hy.

ek moes haar begrawe
langs die ander
in my tuin

Tuesday, April 2, 2013

       
         JY
     gaan
 seerkry

waarsku
         ek
      HOM

Sunday, March 24, 2013

Padlangs na Solitaire

i)

groot groet jy
glimlaggend
my vrees
vir die onbekende-

jou hand
is warm,
kalm,
groot
en talm

hulle se eerste indrukke
doen:
          talm;
groet nooit weer

ii)

die keer
ry my drome nie padlangs

dit trapfiets
ongemaklik op
'n donker treinspoor

iii)

kom hier
se hy sag
kom voel hier
lei my oor skerp rots
sag in water in
ek wil he jy moet voel
die see anemone
drink die waterpoel
se soutwater
(wond-genees-water)
dis hoe jy voel

Here:-
moet alles my spoke konfronteer?

iv)

pyn-kloof
se moskartelwater
het vloeiend na harmonie
met haar woord
'n eie toekoms voorspel

maar Soledad
is Soledad.
donker, verrot
en drup dit saam met elke woord
dik in kots

v)

die sondes van die vaders
lei die kinders na hul
ondergang

~Credit to Lachlan Matthews for the sculpture~

Sunday, March 10, 2013

drup

daar is nou
'n stilte
wat lek
tussen my

en jou
daagliks dieper
weer
in gister se onthou

Wednesday, February 13, 2013

INTROVERT


 
het vereensaam

tot 'n enkeling

wat nêrens pas,

geïsoleer van ‘n lewe

wat ironies, smagtend  kinders verswelg:

Disfunksioneel asem elk sy afsonderlike euforie

tussen chaos,

 

warboel

ongewone solidariteit :

Geen warmte.

Geen gevoel.

Geen empatie.

 

slegs enkeling bestaan

stil

eensaam

alleen -
 
ons introvert
 
 

Sunday, January 27, 2013

asemstilstand

soos jou asem halt
in onbewuste slaap
-pynloos-
tot versmoring smagtend
snak na vars

lug ek my asem
stil na onbewuste
-pynloos-
versmoor
smagtend
na vars

die oorlog sluimer
in 'n woordelose
asemstilstand

Thursday, January 24, 2013

coco


detail meets simplicity
poetry meets absence
passion meets solitude
painting meets imagery
fashion meets skin
perfume meets perfect
sound meets music
words meet silence
life meets art
pain meets pleasure
human meets divine
 

Wednesday, January 23, 2013

vergewe my steel van 'n ander se woorde:

Eilandgroep

Dit is maar enkel waan
dat ons 'n eenheid was;
groot stromings van die oseaan

het ons geëiland tot 'n argipel
van enkelinge waar ons briewe rou en skel
van strand tot strand soos meeue fladder
en van mekaar se eensaamheid vertel.

Wild staan die palms bo die water,palms, bamboes en die gras,
maar in die onbewuste dieptes êrens ...
êrens is ons aan mekaar nog vas.


 


Monday, January 21, 2013

noodkreet

sy glimlag apaties
se: ek is fine
maar weet
sy nie:
ek weet fine,
beleefd glimlag,
is slegs mooier
vir fokof;
help;
help;
red my
van my eie nood

ma

die maan staar venus
my kind ontlaai by water
net klipgooi hiervandaan,
of doen -
ek weet nie
wonder net
en moeder -
hart houvas
wat onkunde roer

my kinders
elkeen
almal individueel
op eie koers
eie plek
en baie ver:

waar Ma nie meer nie.

help my ontlaai
dit draai

Wednesday, January 16, 2013

onvoltooide gedagtes

woorde warboel die chaos
in my gemoed
ontbind 'n liggaam
verslae afgeknot

tot nuwe groei
-deur jou aanraking betower-
die sagte soeke van jou stem
omhelsend vrede bring
en die honger van jou kyk vertel:

maak jou boek oop
ek wil jou lees