moi

moi
seulement moi

Wednesday, January 16, 2013

onvoltooide gedagtes

woorde warboel die chaos
in my gemoed
ontbind 'n liggaam
verslae afgeknot

tot nuwe groei
-deur jou aanraking betower-
die sagte soeke van jou stem
omhelsend vrede bring
en die honger van jou kyk vertel:

maak jou boek oop
ek wil jou lees

3 comments: