moi

moi
seulement moi

Sunday, October 28, 2012

bietjie verdwyn

ek dwaal
'n dag lank ver
dis lank
dit stink

ek dwaal
in miskommunikasie
ontnugter
dit stink

ek dwaal
in ongeloof
oopgebreek
dit stink

ek dwaal
en skreeu
Hoor Net Reg
maar dit bly net

stink

en hy se
insigloos
Hy verdien beter

asof ek stink


Thursday, October 25, 2012

stil-tyd



‘n veer halt haar trap.
tyd word tydloos

-die oom sit alleen langs
water,
lees die nota:
gefrommel sag-papier-

was sy voël
of kat?
elke trap
trek na die draai
waar hunker-kyk
bevrees verwonderd
beweeg in  more in

-halfvergeteherinnering-

tydelik
tydloos
verby misterieuse verdwyning
gedagtes verdamp
verdof
vertyd 
ver van gister
nou
en more.

haar oë halt die gedagte toe
en sluit.

die veer stap verder saam


Thursday, October 18, 2012

broken

the three-legged chair
awkwardly slouches
in anguished anticipation
for something
or someone
to embrace its comfort  of rest;
having three more limbs to offer -

but alas
the one limb missing
scares everyone away


Friday, October 5, 2012

Insomnia

'n Maan
en Venus
staar
na mekaar

her crying is
inwards

geen drup
word teen wang gesluk
die sout sny
organe genesend
rou

en ek ken haar nie

opkrul

masochisties
vloei
ink saam
sny
parmantig
broos
haar
perdjie
van haar
see
en
seer