moi

moi
seulement moi

Wednesday, April 30, 2014

Son der


Jy het oornag

verander in iemand

wat klop voor Jy inkom

Kind van my

wat vroeër die son

oorstraal het

Is dit my oë

wat anders sien?

‘n Vreemde swart son skyn nou

en Jy gaan heen

sonder groet

Wat as ek nooit weer mag

Jou groet?

Kind ek krimp!

Here tog

is Jy dan blind?
 
 

Monday, April 14, 2014

Skurweberg

 
Dis stiltewêreld die:
 
Hiér tap jy al die nag
 
uit jou are.
 
 
Gee my ‘n wit gekalkte huisie
aan die voet van Skurweberg,
met ‘n groen deur
 
wat oopsluit vir die veld.
 
Sinkdak vir die reën
 
wat skaam kom kletter.
 
Rietjies-stoep wat son versag
 
en ‘n klipkraal wat
 
my voorvadergeeste aanbid.
 
Ek sal heilig klippe stapel
 
elke sonsopkoms
 
in hierdie stiltewêreld:
 
 
Hier tap jy
ál die nag
uit jou are.
 
 

Thursday, April 3, 2014

wiegelied


 
daarsy:-


sus my

maak my hande

agter vas

met jou bloed-gulsige doringdraad.

sus my en

sê ek moet jou kinders dra.

 

daarsy:-

sus my

jy wat sê

jy kan my nie vertrou

sus my nou.

het ek nie jou hartsake

vír jou verduister, hulle pyn gespaar?

 

daarsy:-

jou naam loop voor jou uit

het Pa gesê.

ja, my liewe Pa

die aardse naam wel...

my voorvader-hartsnaam toegeken

stap elders

 

sus my:-

harts-woorde bitter uit op wit papier

want wat hulle sien

en wat ek ken

mik nie uit dieselfde visier

 

sus my:-

hierdie doringdraad sny