moi

moi
seulement moi

Thursday, January 27, 2011

Ontdekkingstog

Vingers gly versigtig teer
oor kosbare lewenskaart,
deur hartklop-herhaling vergeel
tussen plooitjies en voutjies,
soekend met sagte veeg

oor heuwels en heupe en riviere

tot by die plek van ontmoeting,
soos afgespreek.

die kalmte-
die bewondering-
die vrae-
die verwondering-

die ontdekking kulmineer
in euforiese ekstases
wat die wêreld uitkeer

vuurtonge vervang
smagting van vingerpunt;
-hunkerend-

'n vonds
vir ewig geseël
in hart
en siel
Dear reader,

Welcome to my page where I share my heart, my detailed observations of the highs and lows of life.
I look forward to sharing the beauty I find in tragedy and the tragedy I find in beauty with you.
Die eenvoud van Afrikaans sny deur my skryfwerk en hier en daar probeer ek my woorde vind in Engels. Geniet en lewer enige kommentaar om my te help groei.
I welcome your inputs and comments to help me move to that higher space of art with words.

M x