moi

moi
seulement moi

Friday, July 29, 2011

Liefdes

soms voel sy hoe die liefde oorweldig isoleer
van alle kante af met tronkstraf konfronteer
doelgerig met ondersoekende natuur
intensie bipoler beinvloed elke uur

soms wil sy slegs asemhaal
nie meer onophoudelik smag of slaan
nie hierdie waansin wat besit neem
probeer uit 'n sisteem te ween

soms wil sy die eenvoud vashou
sodat gewurgte benoud
nie meer die wese beheer
maar dan besef sy opnuut

hoe die liefde dit keer


Friday, July 22, 2011

For a friend

Random thoughts @ Hedwig’s

Her heart holds the world and the world holds her heart
Three Scotties cuddle up in one hairy box
She is a celebrity in her neighborhood and her neighborhood is her celebration
Peace and quiet sustain
She has an old fashioned retreat for the weary traveler
 Haar koppie versameling is ‘n kunswerk op sy eie
 She knows how to thank and how to give
 Hedwig has a horny hadeda
 Compassion carries in her teardrop
 Fireplace freedom returns calm in flames
Gee buitengewoon baie om
  Has notes
Black-eyed-Susan’s trillion eyes stare silently through her warm kitchen window
 Vye verrimpel in die pot
Flirts gently
Sy vertroos verlies van ‘n veertien-jarige met jong groen loof
 Has an endless supply of food from her fridge for all


















May images capture the words that elude me... 

Tuesday, July 19, 2011

Cry


Cry:         to utter sounds of grief or suffering
                to shed tears
                weep
                to shout
                to utter a characteristic call (of an animal)
                to utter loudly
                to announce publicly
                a shout, scream or wail
                a fit of weeping
                the call of an animal
                an entreaty
                appeal
                altogether different
Weep:  to shed tears from an overwhelming emotion
                to mourn or grieve
                to exude
                dripping or oozing liquid
               
                I’ve heard many cries
                none of these describe
yet how do I describe the sounds of your voice as you carried him to his grave and only I knew why you broke and shed those tears. I heard the sound before words could reach anyone and could only touch you with one hand hold your pain in my own memory and stir the warmth of life back into your soul. I’m sorry, never realised how badly the deed touched your soul my love. You are the one who mean the world to me. Please forgive. No words will find your weeping that day as I weep today
“wailing sounds of grief altogether different oozing liquid to mourn what was almost lost” or what is lost depending on our view             
                

Monday, July 11, 2011

nieu bethesda roadblog



De Doorns en ‘n storie van haar kwassie en die omie se glimlag met die ryp en koue wat sny. Sy tannie voor en agter en maak Jacobs koffie verniet want eintlik skink sy wyn. Bo die wasbak drapeer lang swart gotiese fraiings met krale delikaat die uitsig op haar berge. Hier rus my pa se siel. Fluit en tjello lei my veilig verby back to my roots in die harde skerp karoo.
Skerp lig vars lug. Dankie dat jy luister jy neem my pyn sê sy. Dis hard en koud en grys en die horison eindeloos vêr. Soveel woorde is deur hierdie grond gesluk soveel trane binne toe gedrup. Hier is dorings. Geen wolke geen wind geen druppels wat die trane verdun. Hulle noem dit inderdaad die vallei van verlatenheid.
By die kleinhuisie koffiekan en dik water skree wholesome Aberdeen en wildspastei soos net die ware tannies kan. Dust hangs just. ‘n Skepper se berg se rand lyk asof sy hand die klippe gepak het en asof die dunste bries ‘n val gaan tuimel. Hier is kaal bome en ‘n verskeurde familie. Tussen ruïnes vol vervloë verhale wat saggies eerie fluister as jy ingaan. Kan die tragedie weer kalmte en eenheid bring skree my siel terwyl die uitsig na berge deur vervalle mure my bekoor.
It feels like my insides have been ripped out I’ve never experienced such pain he just wanted peace and to get away from all the fighting ween sy in haar hande. Sit die heeldag in die kerkhof en wag dink smag. ‘n Broer se geheime word deur plattelandse nuuskierigheid getrek soos nat gekoude biltong uit ‘n suigeling se mond. We’ll remain after everything’s been washed away by the rain.
“ Today the weather didn’t fool me” begin my nuwe boek. Iets uitdagend aan die eerste bladsy van ‘n nuwe storie. “Perhaps people are pieces of chaos on top of the disorder they enclose and perhaps that explains them”.
Dalk is die lug ‘n onderstebo see soos hy sê en ons almal loop eintlik op ons koppe. Kyk ek na die huidige horison  kan die wolke my dit laat glo. Hul skuim in bolle op die berg en ons sit vasgeklamp aan die vallei hier onder vas. Salig onbewus van die see bo ons kop waarin ons eintlik verdrink. Ek staan op my kop om seker te maak en ja wragtag dit hang alles af van persepsie en nie van woorde wat society koppel aan konsepte. Bo of onder hemel of hel see of lug. Ek spikkel maar voort in ‘n skepper se materie en probeer die chaos orden in iets wat vir my sin maak en jy?
 Jy dink die kop is mal. Sy het haar varkies verloor. Watter varkies? Stop. Doodstop. Punt. Everybody hurts sometimes. Hold on let me go. When she’s a little girl and nothing wrong sing verskeie se klanke woorde wat verwar. There’s no way to explain all that we’re saying when we say suffering.
Hy lê ses voet onder die koue grond. Dis koud tot in die been. Werklik of bloot my siel se bevrore staat? Dalk ‘n afstand wat vries...













Blog bomb

Blinde man

jou glimlag maak op vir die oë
wat nie kyk nie,
wel sien

Is dit juis as gevolg daarvan?

die kinkel in jou roete
benader jy met soveel vertroue
in jouself -
as ek maar net die draai van my pad
met soveel dapperheid kon aanpak

Stanford

‘n straatlig se geheime glans
berge se misterieuse trans
agtergrondstemme in die volmaandans:
dis Stanford
en dis stil,
afgesonder
ver van al die chaos
pyn
tragedie
hulpelose stoei na niks
die uil hoe hoe weemoedig wys
geen kaggel
slegs bevestiging
van nou se vrede
absolute kalmte

mag die son nie weer verskyn nie

Al

Dis siek
Dis vreemd
Dis onnatuurlik
Dis die verkeerde lifeline
Dis reg
Dis my gemaksone
Dis nou
Dis al

 Skreeu

die deur van hoop
is nou gesluit
en skielik is elke kleur en klank
elke sintuig wat ervaar,
verdoof
ontwoord
ontnugter
stomgeslaan -
alles skree ‘n skrille herinnering
wat eggo in my oor:
dawerend breek dit alle
stilte in my hart

Intermediate

from up here
the cracks damage the earth’s skin
man-made interjections
criss-cross a landscape of skull
a bulging three dimensional barren land
far down there
stares back at me
untouchable
unfathomable
unreachable
almost unreal
this earth of dust and ticking time
that we call life

and above
a limitless blue sky
awaits

Ideal dancer

black leather feeds
a black cat
white milk
smokes a business card
called dementia
while shaving simultaneously
smiling at his black goddess
and swearing at the wind
who mysteriously took his dream catcher

How to replace a former dream
Another story of peculiar loss

i love watching you in silence
my mysterious man
all mixed up
trying to escape

cape town

endless waves meeting the shore views to infinity the smell of sea and pine needles the wind on my face and speed under my bum
cape town i love you