moi

moi
seulement moi

Monday, July 11, 2011

nieu bethesda roadblog



De Doorns en ‘n storie van haar kwassie en die omie se glimlag met die ryp en koue wat sny. Sy tannie voor en agter en maak Jacobs koffie verniet want eintlik skink sy wyn. Bo die wasbak drapeer lang swart gotiese fraiings met krale delikaat die uitsig op haar berge. Hier rus my pa se siel. Fluit en tjello lei my veilig verby back to my roots in die harde skerp karoo.
Skerp lig vars lug. Dankie dat jy luister jy neem my pyn sê sy. Dis hard en koud en grys en die horison eindeloos vêr. Soveel woorde is deur hierdie grond gesluk soveel trane binne toe gedrup. Hier is dorings. Geen wolke geen wind geen druppels wat die trane verdun. Hulle noem dit inderdaad die vallei van verlatenheid.
By die kleinhuisie koffiekan en dik water skree wholesome Aberdeen en wildspastei soos net die ware tannies kan. Dust hangs just. ‘n Skepper se berg se rand lyk asof sy hand die klippe gepak het en asof die dunste bries ‘n val gaan tuimel. Hier is kaal bome en ‘n verskeurde familie. Tussen ruïnes vol vervloë verhale wat saggies eerie fluister as jy ingaan. Kan die tragedie weer kalmte en eenheid bring skree my siel terwyl die uitsig na berge deur vervalle mure my bekoor.
It feels like my insides have been ripped out I’ve never experienced such pain he just wanted peace and to get away from all the fighting ween sy in haar hande. Sit die heeldag in die kerkhof en wag dink smag. ‘n Broer se geheime word deur plattelandse nuuskierigheid getrek soos nat gekoude biltong uit ‘n suigeling se mond. We’ll remain after everything’s been washed away by the rain.
“ Today the weather didn’t fool me” begin my nuwe boek. Iets uitdagend aan die eerste bladsy van ‘n nuwe storie. “Perhaps people are pieces of chaos on top of the disorder they enclose and perhaps that explains them”.
Dalk is die lug ‘n onderstebo see soos hy sê en ons almal loop eintlik op ons koppe. Kyk ek na die huidige horison  kan die wolke my dit laat glo. Hul skuim in bolle op die berg en ons sit vasgeklamp aan die vallei hier onder vas. Salig onbewus van die see bo ons kop waarin ons eintlik verdrink. Ek staan op my kop om seker te maak en ja wragtag dit hang alles af van persepsie en nie van woorde wat society koppel aan konsepte. Bo of onder hemel of hel see of lug. Ek spikkel maar voort in ‘n skepper se materie en probeer die chaos orden in iets wat vir my sin maak en jy?
 Jy dink die kop is mal. Sy het haar varkies verloor. Watter varkies? Stop. Doodstop. Punt. Everybody hurts sometimes. Hold on let me go. When she’s a little girl and nothing wrong sing verskeie se klanke woorde wat verwar. There’s no way to explain all that we’re saying when we say suffering.
Hy lê ses voet onder die koue grond. Dis koud tot in die been. Werklik of bloot my siel se bevrore staat? Dalk ‘n afstand wat vries...













2 comments:

  1. Awesome, I love the words. Actually I'm jealous

    ReplyDelete
  2. Thank you, was a truly unique experience in many ways...

    ReplyDelete