moi

moi
seulement moi

Thursday, January 27, 2011

Ontdekkingstog

Vingers gly versigtig teer
oor kosbare lewenskaart,
deur hartklop-herhaling vergeel
tussen plooitjies en voutjies,
soekend met sagte veeg

oor heuwels en heupe en riviere

tot by die plek van ontmoeting,
soos afgespreek.

die kalmte-
die bewondering-
die vrae-
die verwondering-

die ontdekking kulmineer
in euforiese ekstases
wat die wêreld uitkeer

vuurtonge vervang
smagting van vingerpunt;
-hunkerend-

'n vonds
vir ewig geseël
in hart
en siel

11 comments:

  1. Die een is voorwaar raak en diep. So mooi saamgevleg.

    ReplyDelete