moi

moi
seulement moi

Wednesday, September 25, 2013

Jean


Oom Louis vertel van die klinknaelbroek wat in die jaar toet Ouma se hare laat rys en grys het toe dit die eerste keer in haar huis kom groet.

Die opskudding wat deur die broek veroorsaak is weergalm in my gedagtes beelde van modebewuste fotograwe wat tydens die afbreek van die Berlin Wall in 1989 gefokus het op Levi se Jeans aan die heupe van die duitse jeug. Die klank klink naelagtig, ‘n simbool van rewolusionêres en Rock kultuur. Die broek klink sommer reaksionêr maar tog so lekker gemaklik. Wonder of Levi Strauss in 1853 ooit besef het wat sy legacy aan die konsep van geskiedenis sou doen: of hy nou asemhaling toelaat, skin, knyp of hang onder die heupe? ( Die broek bedoel ek.)

Terug na Ouma dan kom ons by die woord toet. Waar kom so elementêre woord vandaan??? Van iemand wat ‘n gatvol uitdrukking op sy gesig kry en so sy siel se ouderdom verklap? Dus glad nie iemand wat die vryheid van Jean sal verstaan nie. Bloot ‘n  mooier woord vir pissed-off. Ag tog. Die samelewing wat so hard probeer wegkruip van die ware feite, dit bly so siek en dom. Hoekom almal nie maar net kan wys wie hul werklik is of wil wees nie. Die toet aflaai.

Nee, kruip eerder beskermend weg agter die beeld wat society voorhou. Bly in die comfort zone en as die zone sê trek die broek tot onder jou boude dan word dit eenvoudig gedoen sonder vraagteken. In der waarheid bestaan society nie eers nie. Dis ‘n blote konsep van niks of iets (afhangend van jou persepsie / comfort zone), geskep deur mense soos ons wat nie weet hoe om dit te definieer nie...

Ouma het seker vyftig jaar gelede gedink haar kind word nou deur die bose beheer! En vandag is Jean aan (of onder) ‘n heup so onafskeidbaar soos brood en botter. Ek hou van die woord klink-nael-broek...klink so klapperig. Onsvattiekakkie.

1 comment: