moi

moi
seulement moi

Sunday, March 24, 2013

Padlangs na Solitaire

i)

groot groet jy
glimlaggend
my vrees
vir die onbekende-

jou hand
is warm,
kalm,
groot
en talm

hulle se eerste indrukke
doen:
          talm;
groet nooit weer

ii)

die keer
ry my drome nie padlangs

dit trapfiets
ongemaklik op
'n donker treinspoor

iii)

kom hier
se hy sag
kom voel hier
lei my oor skerp rots
sag in water in
ek wil he jy moet voel
die see anemone
drink die waterpoel
se soutwater
(wond-genees-water)
dis hoe jy voel

Here:-
moet alles my spoke konfronteer?

iv)

pyn-kloof
se moskartelwater
het vloeiend na harmonie
met haar woord
'n eie toekoms voorspel

maar Soledad
is Soledad.
donker, verrot
en drup dit saam met elke woord
dik in kots

v)

die sondes van die vaders
lei die kinders na hul
ondergang

~Credit to Lachlan Matthews for the sculpture~

2 comments: