Die berge roep ‘n nuwe lewe
in die gawe van herinnering
Kapokbos word weer teer
met hiƩrdie winter verwagting
Kyk hoe raak my vingers die groen Lief:
moskartelwater loop wind-af die keer
en hange val my ewig-klouende Dood
in kalm vrede in
Brul saam die bewe
van jou verlede met my uit
Beskadu Bietjie-Lyfie
in ‘n somer-toekoms in.
Dis vreemd,
vreemd bevrydend-
En ons is nie alleen