my kleine kind
wat sprankelend
(nie nou meer)
die dag ontmoet
met jou lag
wat kreukelneusie
in my hart kom klim
hoe sal ek jou beskerm?
jou aarsel vir die lewe verduidelik
die pad oopkap vir jou
en waarskuwend noem
dat jou gedagtegang
uniek op sy eie ritme voortgaan
tog kan jy hardkoppig
selfstandig stry en stoot
vir almal om te weet
net jy verstaan jou eie nood