hy kies sy glas
breek delikaat
‘n deel vir hom af
voel die vel teen vel
en laat die fantasie
millefiori van kleur vertel
laat gomtrane drup
in sagte hit
van blouvuursmeul
in sy warreling van hand
Hy halt –Sy vrees die breek –
maar hy skoonvuur haar vorm
weer terug in kleur
gedagtegange om en om
vloei in asem
verwarm weer
drup draai gom leefvervorm
verras die onbeplande eindresultaat
sy gloei
sy sluit haar af
voltooi
‘n samespelvan mond en hand
en glas en vel