moi

moi
seulement moi

Thursday, October 18, 2012

broken

the three-legged chair
awkwardly slouches
in anguished anticipation
for something
or someone
to embrace its comfort  of rest;
having three more limbs to offer -

but alas
the one limb missing
scares everyone away


Friday, October 5, 2012

Insomnia

'n Maan
en Venus
staar
na mekaar

her crying is
inwards

geen drup
word teen wang gesluk
die sout sny
organe genesend
rou

en ek ken haar nie

opkrul

masochisties
vloei
ink saam
sny
parmantig
broos
haar
perdjie
van haar
see
en
seer

Tuesday, September 11, 2012


Scar

die een breek
tot in die moer
waar reg en instink
en verkeerd
sloer
tot in ‘n wapenstilstand
van ontnugter
se vergeefs
(‘futile’ eg meer)

dié Scar
is geen felle helle stort
teen afgrond
of wetenskaplik verklaarbare kiem.

Nee!
dié Scar
verleng versny
verdiep
verewig
terug
na ‘n ma se
Moer:

Se eie hand


Sunday, September 2, 2012

timmer weg




my liefste kind
vannag
wil my traan
vir jou
geen woord
hier vind.

Timmerman:
Jy -
moet my kind
laat staan

Monday, August 27, 2012


asemruim

die donker suig my in
tot waar 'n eindelose val tref
in die spasie van ruim -
ruim op ruim
weg ruim in ruim
enige manier maar
ruim net ruimte
terug na lig


Thursday, July 19, 2012

Pyn-Kloof


Die berge roep ‘n nuwe lewe
in die gawe van herinnering
Kapokbos word weer teer
met hiérdie winter verwagting

Kyk hoe raak my vingers die groen Lief:
moskartelwater loop wind-af die keer
en hange val my ewig-klouende Dood
in kalm vrede in

Brul saam die bewe
van jou verlede met my uit
Beskadu Bietjie-Lyfie
in ‘n somer-toekoms in.

Dis vreemd,
vreemd bevrydend-
En ons is nie alleen