moi

moi
seulement moi

Monday, November 26, 2012

so
skil
Liefde
haar
menswees
af
tot
rou
vlees



vir
Aphrodite
sal
sy
nooit
goed
genoeg
kan
wees

Saturday, November 17, 2012

kind

my kleine kind
wat sprankelend
(nie nou meer)
die dag ontmoet
met jou lag
wat kreukelneusie
in my hart kom klim

hoe sal ek jou beskerm?
jou aarsel vir die lewe verduidelik
die pad oopkap vir jou
en waarskuwend noem
dat jou gedagtegang
uniek op sy eie ritme voortgaan

tog kan jy hardkoppig
selfstandig stry en stoot
vir almal om te weet
net jy verstaan jou eie nood


Wednesday, November 14, 2012


nowhere to go

. dit weergalm
. dit wurg
. dit druk hart
. dit sluk asem
. hou vas
en
gooi weg
. tegelykertyd
. hangend

. slaap net
. kan nie slaap
. eggo dit
. nowhere
. nowhere
to go to
but to you

Friday, November 2, 2012

halt


skielik .
word
kommunikasie
sug – en
leestekens ;
halt : woord
kommas
‘ kreun ,
‘n stilte –
in die
! dubbelpunt
van blaam
? ontnugter …
haak die
vraag . vas . tussen
( en )
wat nou /
geen punt .
maar ook
geen ;
géén punt .
woorde hang
( wag )
om gevang :
te heel
[ te bind ]
terug ;
te vind .


vou

vanaand verlang ek
na die vou van jou hand
om my stilte

soos net jy dit kan
my liewe natuurliefman -

laat my in jou groot
warm hand,
ritmies asem
voor jou asem stop
en ek moet raak
om jou asemritme
te ontwaak


Sunday, October 28, 2012

bietjie verdwyn

ek dwaal
'n dag lank ver
dis lank
dit stink

ek dwaal
in miskommunikasie
ontnugter
dit stink

ek dwaal
in ongeloof
oopgebreek
dit stink

ek dwaal
en skreeu
Hoor Net Reg
maar dit bly net

stink

en hy se
insigloos
Hy verdien beter

asof ek stink


Thursday, October 25, 2012

stil-tyd



‘n veer halt haar trap.
tyd word tydloos

-die oom sit alleen langs
water,
lees die nota:
gefrommel sag-papier-

was sy voël
of kat?
elke trap
trek na die draai
waar hunker-kyk
bevrees verwonderd
beweeg in  more in

-halfvergeteherinnering-

tydelik
tydloos
verby misterieuse verdwyning
gedagtes verdamp
verdof
vertyd 
ver van gister
nou
en more.

haar oë halt die gedagte toe
en sluit.

die veer stap verder saam