moi

moi
seulement moi

Saturday, July 27, 2013

Blouvuur


hy kies sy glas
breek delikaat
‘n deel vir hom af

voel die vel teen vel

 
bring nader aan
Blouvuur

en laat die fantasie
millefiori van kleur vertel

laat gomtrane drup
in sagte hit

van blouvuursmeul

 
sy kinkeldans haar bestemming

in sy warreling van hand
Hy halt –

Sy vrees die breek –

maar hy skoonvuur haar vorm
weer terug in kleur

gedagtegange om en om
vloei in asem

 
blaas haar sag

verwarm weer
drup   draai   gom   leef

vervorm

verras die onbeplande eindresultaat

 
sy vloei

sy gloei
sy sluit haar af

voltooi
‘n samespel

van mond en hand

en glas en vel


Friday, July 5, 2013

windwoord

ag

die woorde
hang
net

lyn die wind
sinneloos

sinne
wit wasgoed die beeld

waai
woorde waai wit
weg

sin
maak dit sin?

vir jou?

Sunday, June 16, 2013

soledad


gruwelklanke skreeu
snags as
mensdom stil sy
 
braak letters
 
kots-geskommel op
 gefrommel
 
 
‘n eensaamheid haar
 lewensmaat
 
 
selfs oë
sluit 
 
haar nie
uit
 
 
 
verwyder die evidence sluk
dit terug slurp
 
gulsig op ek kan
jou lewenslange
 
tronkstraf
nie verwoord
 
 

Thursday, June 6, 2013

Sunday, May 19, 2013

sondagoggend hier met jou

i)

koffie uur
kolgans skel
ryp verdwyn
sonskaam sluimer
kinderstemme rus

tweewielenjins vlug die berge in
en ek probeer my drome liaseer

jou ignoreer

ii)

jy voel maar net anders
glip sy woorde

iii)

tyd vir 'n nuwe girl
tyd vir 'n nuwe girl

vee maklik uit in skrif

Monday, May 6, 2013

dad

you spoiled me with your warm, kind love
unconditional,
compassionate,
silent,
and always there
to celebrate me as your first choice
for that moment

and when your body left us for a new love
your love became my endless longing
yearning deep inside my being
to be touched,
embraced,
comforted,
like i am the first choice:

no other love compares