moi

moi
seulement moi

Sunday, February 13, 2011

My first poem ever written (Edited version)

DOOD

Daar le jy nou
weerloos tentoongestel
vir alle vretende oe om te verteer,
soos spons vir oulaas op te slurp.
Op ysige, blink, kliniese staal.
Hard - onpersoonlik - passieloos -
onnatuurlik - onvanpas.
en Jou oe?
Soos 'n swaar deur
finaal geslote, gegrendel, gebalk
herinnering van sagte oe deurboor
met wrede sny
jou kop verpulp,
vol donker krummelbloed.
Jou mond pynlik koud
lippe glad, krampagtig teen mekaar, verniel
Mag ek hul nog een maal depper met my mond?
Jou warm hande skerp vasgegespe oor jou liefdesbors
nou leweloos en doods.
jou kop steeds stukkend en vol verkeerde bloed.
opgeswel, onnatuurlik opgepof
asof vreemde vog my ver van jou liefdesbloed verstoot.

Dis nie jy nie, Pa!
nie jou siel, nie jou hartstog,
net jou dooie liggaam
wat eens in liefde my verwek het-
wat Ek liefgehad het.
(jou bloederige kop vermorsel - dis die verkeerde bloed, Here!)

Ek stap steeds deur die strate
met verstarde oe
en wag vir die droom om op te hou

1 comment: