moi

moi
seulement moi

Wednesday, March 16, 2011

enkeling

sy stap daar binne
skouers terug
ken gelig
sopas 'n tragiese glimlag gesluk
in die sytrap
van lewe se geluk

tussen klank van spot en spog
sluk sy 'n gratis glas vol wyn
peusel slegs vir die hande
se betrokke lyk in die samesyn
opwaarts geforseerde lyne
eggo die nodige oog vang
en knik

maar

staar
waar 'n karoo landskap haar
geskiedenis verlaat
definitiewe lyn van pen
versny en hale verf gekwas
geplak
tot geen grein van kaaldoek
agterbly

stil en eensaam
vind haar eie verdriet die skadulyn
van 'n enkel figuur,
voels
wat 'n volmaakte naderende geheel
van skemer skeur

en 'n enkelman
wat tuur

3 comments: