moi

moi
seulement moi

Monday, October 10, 2011

eindelose ontmoeting

het jy raakgesien
hoe breek my
glas
in blou
skerp stukkend

het jy raakgesien
hoe verdof die groen
van ‘n oog
in pyn

het jy gesien
hoe water binne toe
in skerwe waterval
van blou en groen aqua wat pers in rou
rondom bitter smart,
wanhoop

onverklaarbaar gelaat in ‘n
vraagteken

hoekom kan jy nie raaksien nie?

3 comments: