moi

moi
seulement moi

Sunday, December 9, 2012

rou

1.

bietjie-lyfie dood
'n wrede wanbegrip
tussen aannames
perspektief
en samelewing
se sogenaamde norme

hy blind hom
teen 'n toekoms
van warm omgee
nuwe lewe
opreg lief wees

staar vas in sy doos
van hoek en lyn en vlak
wat bietjie-lyfie alewig bekak
2.

wat het geword
van jou blomme
soene met tuiskoms
vashou
tot die moredou
sprankel bewonder
sonder vraag wat dit bevorder
wat het geword van jou
die mooi van jou

het ons mekaar
so doodgevou
?

3.

TONGUE:

take me
fake me
break me
rape me

No comments:

Post a Comment