moi

moi
seulement moi

Monday, August 27, 2012


asemruim

die donker suig my in
tot waar 'n eindelose val tref
in die spasie van ruim -
ruim op ruim
weg ruim in ruim
enige manier maar
ruim net ruimte
terug na lig


Thursday, July 19, 2012

Pyn-Kloof


Die berge roep ‘n nuwe lewe
in die gawe van herinnering
Kapokbos word weer teer
met hiérdie winter verwagting

Kyk hoe raak my vingers die groen Lief:
moskartelwater loop wind-af die keer
en hange val my ewig-klouende Dood
in kalm vrede in

Brul saam die bewe
van jou verlede met my uit
Beskadu Bietjie-Lyfie
in ‘n somer-toekoms in.

Dis vreemd,
vreemd bevrydend-
En ons is nie alleen

Saturday, June 30, 2012


DROOM

ek het jou laasnag
so intens ervaar
dat ek wakker geword het
van jou kragtige kyk.
ek kon voel hoe jou tong
die res van jou liggaam
in my eggo

ek het laasnag
verstom gewonder
of jy dit droom
of weet
of dink -
hoe jou mond betower

ek het laasnag
gehunker na jou arms
sou jou wou wakker soen
om die onderdrukte passie te deel
daarna weer teer te slaap
en my liggaam
tevrede
uitasem
te laat rus


ek het laasnag
opgestaan
gesien hoe die maan en stad en mis
afsonderlik
ongestoord slaap:
en weereens besef dat ons
nooit ‘n eenheid mag wees

(en hy sê gelukkig was dit slegs ‘n nagmerrie
en ek dink dis my realiteit)


Tuesday, June 19, 2012

S T I L

my gedagtes halt
stop in verbaas, ontnugter:
om die woorde te hoor
teenpool die gedagte daarvan

elke koue afgrondtrap
tree stadig verder van kouer
-sien jy nie die smeking
in my oe?-

(hoor wat se jy:::
toe slaan die lewe
jou plat terug
met jou eie hand)

so verwoord ek my smart weg
na 'n enkel warm omgee.
so verlaat ek myself
en haal vlak asem,

sien hoe loop ek weg
van wat my kop dink-
ver ver weg
tot waar ek Lot

ek keer my na my kat;
en sy keer nie weer terug
want seer is seer
en dood is stil

Monday, June 4, 2012

begin


het dit begin
toe my oë
van uitputting
en ongeduld in ander rigtings begin staar het
het dit begin
toe vreemde passie binne my kom klim
het dit begin
toe interessante nuwe wêrelde
hulself aan my vryheid
ontbloot het
het dit begin
toe te veel ander mense
die vertrek begin vul het
het dit begin
toe frustrasie al die betowering gesmoor het
het dit begin
toe musiek anders begin klink het
het dit begin
toe die gode hulle wil
op ‘n lewe geblits het
het dit begin
toe ek besef
daar is ‘n onbreekbare ander band
het dit begin
toe ons lag vergaan het
het dit begin
toe ons die dag ophou dans het
het dit begin
toe ‘n lewe kanselleer
het dit begin
toe vriendskap moes halt

Wanneer het ons einde
begin?

(my potlood se punt het gebreek) 



en-

en so skeur
sy kleure lap
van ‘bondage’
en wurg af van suwwe lyf
ontsnap
en wonder
waarom roep verwerping so
die magneet van ‘nee’
wat altyd haar oë vang
en telkens breek ‘n drang
in vrae, vae selfondersoek
sonder om te vind
en sy jaag ‘n vreemde soeke
na die wat nie kan ontvang
en teleurgesteld traan nog een
na niks
in die treurverhaal
van haar spiraal-drang.
en hy baklei haar
nie eers terug.
en so gaan dit aan

Monday, May 14, 2012

I write this



I write this for me:
To imprint your gaze
behind the curtain of your eyes,
The sudden smile
when they notice me

I write this for me:
As arms connect
the line of a shoulder
and fade into a curl of hair,
A grey of beard
that patterns a cheek
on the kiss that I seek

I write this for me:
To remember skin loving skin
-the tremble within-
A sensation of touch
feeding my eye that adores
each hair on a torso
as it grows to the hip

I write this for me:
To endure the longing,
the touch of a hand
that stirs a harmony
within my soul,
connects with a scent
that surrounds the aura of you

I write this for me:
To echo an accent
when you’re not here
which silences my answer to mere wonder
and locks my lips to no word

I write this for me:
When your fingers strum a sound
that reaches into my burning soul
buried achingly deep,
and share the feed

I write this for me:
Because I know how infinite
your barrier always will be