black he sat
shadowed
embraced by dark velvet
or was the sofa leather ?
eyed my question
silently
contemplating
truth
or veiling an answer
I tried
to not dilate my pupils
as he said
I do
I don't have a problem with it
strange...
he liked the elegant look
but still held fast to gypsy
mysteriously,
haunting
and to this day I
wonder
moi
seulement moi
Thursday, October 20, 2011
Monday, October 10, 2011
eindelose ontmoeting
het jy raakgesien
hoe breek my
glas
in blou
skerp stukkend
het jy raakgesien
hoe verdof die groen
van ‘n oog
in pyn
het jy gesien
hoe water binne toe
in skerwe waterval
van blou en groen aqua wat pers in rou
rondom bitter smart,
wanhoop
onverklaarbaar gelaat in ‘n
vraagteken
hoekom kan jy nie raaksien nie?
Tuesday, October 4, 2011
Erkenning aan 'n unieke jong digter:
Sonder.
Mamma,
sy word soms stom
van eie woorde
wat sy se,
-sy skryf.
Mamma.
Is ‘n mens
Sonder.
Tuesday, September 20, 2011
Lag
om weer te kan lag
vanuit die diepste dele,
die kriewel te voel opwel
tot 'n spontane geborrel van klanke
onbelemmerd
vurig vry
sonder pretensie en denke oor hoe dit klink of lyk
net te kan lag sonder ophou
om net weer my kop teen jou bors te kan sit
en net te kan huil
vanuit die diepste dele,
die kriewel te voel opwel
tot 'n spontane geborrel van klanke
onbelemmerd
vurig vry
sonder pretensie en denke oor hoe dit klink of lyk
net te kan lag sonder ophou
om net weer my kop teen jou bors te kan sit
en net te kan huil
Sunday, August 28, 2011
pyl en boog
‘n swart pyl skiet die ontnugtering
drie maal deur brose vel
en sy bly net staan
met rug gekeer
in afwagting op ‘n lewensvonnis
wat sy nie in die oë kan kyk nie
en mý hand bind die woord aan daad
(‘n swart perd runnik in my agtergrond)
here jy is wreed
ek weet ek het jou gesmeek
maar nou is jy net wreed
hoe kán jy haar ‘n lewe gee
wat net so skielik weer verdwyn?
Sunday, August 21, 2011
begin
het dit begin
toe my oë
van uitputting
en ongeduld in ander rigtings begin staar het
het dit begin
toe vreemde passie binne my kom klim
het dit begin
toe interessante nuwe wêrelde
hulself aan my vryheid
ontbloot het
het dit begin
toe te veel ander mense
die vertrek begin vul het
het dit begin
toe frustrasie al die betowering gesmoor het
het dit begin
toe musiek anders begin klink het
het dit begin
toe die gode hulle wil
op ‘n lewe geblits het
het dit begin
toe ek besef
daar is ‘n onbreekbare ander band
het dit begin
toe ons lag vergaan het
het dit begin
toe ons die dag ophou dans het
het dit begin
toe ‘n lewe kanselleer
het dit begin
toe vriendskap moes halt
Wanneer het ons einde
begin?
(my potlood se punt het gebreek)
spel
ek weet nie
hoe
om ons lewend te hou
sonder
om ons te vernietig nie
ek weet nie
hoe
om ons te vernietig
sonder
om ons lewend te hou nie
hoe
om ons lewend te hou
sonder
om ons te vernietig nie
ek weet nie
hoe
om ons te vernietig
sonder
om ons lewend te hou nie
Subscribe to:
Posts (Atom)