moi

moi
seulement moi

Sunday, March 25, 2012

HeArT

he sat on the ground
picking wooden hearts from a bowl
shaping his torment into
an elongated teardrop-shaped
heart
(unwillingly)

the wind bruised
instead of breezed
trees haunted
instead of hushed
oceans whipped a foam
instead of whispering.
Sensation of sound
unexpectedly became noise

and silenced the heart shaped song
called Love

Thursday, March 15, 2012

ontwaking

daar's 'n stilte in
alleen wakker word.
daar's 'n enkel verlange in alleen le en dink.
daar's 'n nood
in een wees met jouself.
daar's 'n eensaamheid
in die oggendson se belofte
-van 'n nuwe begin-
wat daagliks
dodelik
voorspel sonder sin

Monday, March 5, 2012

Poem to self

have you ever caught a smile?

a rhythm entered
her harmony
movement
and moving on
shifted
gypsy to emerge,
a Mehndi ironically encircles
teardrops,
time hovers outside
in a picture of images
-suddenly clearly colourful-
Past Tense

this journey
gently closes her door
completes a circle:
circling a tear
and tearing

have you ever caught a smile?


Wednesday, February 22, 2012

Nasmaak voorsmakie

1) Straatlig ontmoeting

Twee wolwe het mekaar ontmoet
en sonder woord mekaar passievol begroet
hul liefdesspel dringend en lomp gedans
onder die straatlig se geheime glans

Die stad se lig het verlangs slaperig
die nagtelike misterie van verlore tyd verklap
- 'n onheilspellende straatligskynsel teen haar pels -
Hy effe bedwelm maar steeds gereed om te omhels

Met die klank van sy huil - sy ekstase of sy leed?
wat vir 'n oomblik alle tydsbesef verbreek
ontvang sy die hunkering, so delikaat en teer
Baklei teen die tragedie wat hul eenheid keer

Ek merk die beangste verskrikking toe mense hul dans ontbloot
en elk na eie eensame verkeer verstoot
en tog kyk hulle - in hul trans - vlugtig om
en voel die ander se genot: verstom

2) Onvoltooide gedagtes

woorde warboel die chaos
in my gemoed,
ontbind 'n liggaam
verslae afgeknot

tot nuwe groei
(deur jou tong betower)
die sagte soeke van jou stem
omhelsend vrede bring
en die honger van jou kyk praat:
maak oop jou boek,
ek wil jou lees

3) ensemble

Onderdeel van 'n musikale komposisie
soos 'n harmonie van dans
Kaalvoet
met bewing
vurig kragtig
verander soeke in vonds
Vingers tril
Tref
'n oog word tot traan ontroer
Harmonieus
halt als 'n oomblik bewegingloos in tyd
hou ek die are van jou liefde vas
Kyk
Sielsig
Wetend
Stilswyend
Intens
Bang om die oomblik te breek
het ons duet die aarde vir 'n oomblik laat stilstaan

4) hou my vas

Hou my vas in jou omhelsing
Voed my siel met jou vreugde
Vou jou arms om my vrese
Vul my met jou energieke entoesiasme
Kalmeer my met jou kyk
Troos my met jou towerwoorde
Hou my in jou koesterende arms
Hou my vas
Hou my asseblief net vas

Vul my
Voed my
Vat my
Maak my joune

5) Dans

Kom dans met my.
Ek is wreed.
Met elke beswyming in jou arms
laat my net weer vergeet.
Dwarrel my in jou ritme.
Maak my dronk in jou draaie.
Laat jou kyk in my soeke val.
Help my ontvlug.
Lei my voete op die punte van joune.

Help my hardloop.
Ek is baie wreed

6) Seer

o here dit maak so seer
elke herinnering reen soos 'n vuishou op my neer
dit verdrink my in die smart
my volle wese van my afgevat

Monday, February 20, 2012

Moving

they're all moving
mumbling
laughing
chattering
chewing
trying
flying
lying
punishing
drinking

and not
listening

at all.

stop.

Chaos

twee milligram
kalmeer paniek
na slaap                     
waar gedagtes
speel
met tienerfantasieë

Hy wil nie
En hý wil
En sy wil
die wil breek
van Aries

haar planete voorspel
haar ma was reg
twee word meer
en almal se paranoia
speel gedagtes in  ‘n slaap
waar tieners
oordeel
soos die samelewing glo

‘n geliefde
en vreemdeling ma word een
geen ouderdom tel
en almal voorspel
al wil sy nie hoor

die wêreld is klein
Hopeloos
te klein

die fokken slet
verloor haar hoop
droom wettig medisinaal
van ontvlugting
sistematies vermy ‘n nagmerrie
-hierdie een-

Onsin
of geluk?
(pa se kind)

Monday, January 16, 2012

W U R G

Ek het jou gaan bêre
op ‘n plek anderkant hier
Ver van die aanraking van herinnering
Terug in die gedagte van vraagteken
wat antwoordloos wonder

Ek het jou gaan bêre
verby die chaos
van frustrasie
Ver agter misverstande
wat vretend verniel

Ek het jou gaan bêre
terug in ‘n lewe van saai
waar verveling tronkstraf forseer
op daaglikse geluk

Ek het jou aanraking gaan uitvee
Die gladde streel van jou vel
gaan vergeet
En gevoelloos
die keuse gemaak
wat ons nie verdien nie

Ek het jou gaan weggooi
uit die wonderwerk van eenheid
Gestamp tot teen die afgrond
wat ons vlymskerp skeur in twee

Ek het my woorde gaan begrawe
van pure uitputting
My hoop vermoor
Ek moes jou bitter ver gaan bêre:
Want ons was besig om voorspelbaar
soos dié woord
Te versmoor