moi

moi
seulement moi

Saturday, November 26, 2011

foto

jou beeld is nou geel,  Pa
en jy kyk weg
geen groen kleur meer
jou kômin hemp
waarin geheue jou altyd roep

jy is só verskriklik vêr
(asof deel van ‘n vorige bestaan)
ek sien hoe vang jou sjarme
‘n ander se aandag
met jou warm luister,
ek vind met afstand
jóú unieke glimlag
wat die pyn verbloem.

kyk na my kant toe, Pa
en gee weer
asseblief

want ek het  nodig

3 comments: