moi

moi
seulement moi

Wednesday, September 25, 2013

bonfire


 
he found me next to a fire
drumming my solitude
into infinite space
 
he found me
and i lost me
when he found me
in my space
 
he found me
and i found me
when we lost me
and found us
 
now you shall find us
next to a fire
drumming a rhythmic love
into infinite space
 
 

Jean


Oom Louis vertel van die klinknaelbroek wat in die jaar toet Ouma se hare laat rys en grys het toe dit die eerste keer in haar huis kom groet.

Die opskudding wat deur die broek veroorsaak is weergalm in my gedagtes beelde van modebewuste fotograwe wat tydens die afbreek van die Berlin Wall in 1989 gefokus het op Levi se Jeans aan die heupe van die duitse jeug. Die klank klink naelagtig, ‘n simbool van rewolusionêres en Rock kultuur. Die broek klink sommer reaksionêr maar tog so lekker gemaklik. Wonder of Levi Strauss in 1853 ooit besef het wat sy legacy aan die konsep van geskiedenis sou doen: of hy nou asemhaling toelaat, skin, knyp of hang onder die heupe? ( Die broek bedoel ek.)

Terug na Ouma dan kom ons by die woord toet. Waar kom so elementêre woord vandaan??? Van iemand wat ‘n gatvol uitdrukking op sy gesig kry en so sy siel se ouderdom verklap? Dus glad nie iemand wat die vryheid van Jean sal verstaan nie. Bloot ‘n  mooier woord vir pissed-off. Ag tog. Die samelewing wat so hard probeer wegkruip van die ware feite, dit bly so siek en dom. Hoekom almal nie maar net kan wys wie hul werklik is of wil wees nie. Die toet aflaai.

Nee, kruip eerder beskermend weg agter die beeld wat society voorhou. Bly in die comfort zone en as die zone sê trek die broek tot onder jou boude dan word dit eenvoudig gedoen sonder vraagteken. In der waarheid bestaan society nie eers nie. Dis ‘n blote konsep van niks of iets (afhangend van jou persepsie / comfort zone), geskep deur mense soos ons wat nie weet hoe om dit te definieer nie...

Ouma het seker vyftig jaar gelede gedink haar kind word nou deur die bose beheer! En vandag is Jean aan (of onder) ‘n heup so onafskeidbaar soos brood en botter. Ek hou van die woord klink-nael-broek...klink so klapperig. Onsvattiekakkie.

Bitter Letsel


 
ek het my gaan balsem in die kruiereuk van veld.

jou af gewas en weg geskaaf in bruisend vries bergwater.

jou skynheiligheid gaan vermorsel teen elke krans se afgrond rots.

daai vlymskerp tong van jou gaan uitskreeu

en gevryf tot swelblou in elke Doodstil klip.

elke  verminkte opinie en vals aanklag van jou mond

het ek uit gaan wip. Hard weg gespoeg

en onder nuwe wiel  vertrap,

verewig in ou teer en gruis.

ek het jou gaan braak en weer en weer gebraak.

ek het jou in klowe gaan verbrysel.

die natuur gevra vir hulp

met jou spoke jaag tot Niks

wat in die oggendmis kwistig uitvee, verdwyn.

ek het jou terug vermink na Nikswerdman.

eie self (en al jou ander slagoffers) weer mens gemaak.
gepleit vir nuwe vel.

because i am finally moving on.
 

Monday, September 9, 2013

die water dans 'n kalm kabbeling
in sirkels van herinnering
donker dieptes snak en soen
en bieg teen boeg van blou en wit
dit suis my in 'n koelvars nuwe toekoms in
songroet val van jong-groen lenteblaar
teen hellings van die vogelsang
wilde malva groei uit klip
gestapel uit die donker
een vir een tot wit
want sy het aan hom genoem:
hier wil ek met jou ewig gaan sit