Eilandgroep
Dit is maar enkel waan
dat ons 'n eenheid was;
groot stromings van die oseaan
het ons geëiland tot 'n argipel
van enkelinge waar ons briewe rou en skel
van strand tot strand soos meeue fladder
en van mekaar se eensaamheid vertel.
Wild staan die palms bo die water,palms, bamboes
en die gras,
maar in die onbewuste dieptes êrens ...
êrens is ons aan mekaar nog vas.
moi
seulement moi
Wednesday, January 23, 2013
Monday, January 21, 2013
noodkreet
sy glimlag apaties
se: ek is fine
maar weet
sy nie:
ek weet fine,
beleefd glimlag,
is slegs mooier
vir fokof;
help;
help;
red my
van my eie nood
se: ek is fine
maar weet
sy nie:
ek weet fine,
beleefd glimlag,
is slegs mooier
vir fokof;
help;
help;
red my
van my eie nood
ma
die maan staar venus
my kind ontlaai by water
net klipgooi hiervandaan,
of doen -
ek weet nie
wonder net
en moeder -
hart houvas
wat onkunde roer
my kinders
elkeen
almal individueel
op eie koers
eie plek
en baie ver:
waar Ma nie meer nie.
help my ontlaai
dit draai
my kind ontlaai by water
net klipgooi hiervandaan,
of doen -
ek weet nie
wonder net
en moeder -
hart houvas
wat onkunde roer
my kinders
elkeen
almal individueel
op eie koers
eie plek
en baie ver:
waar Ma nie meer nie.
help my ontlaai
dit draai
Wednesday, January 16, 2013
onvoltooide gedagtes
woorde warboel die chaos
in my gemoed
ontbind 'n liggaam
verslae afgeknot
tot nuwe groei
-deur jou aanraking betower-
die sagte soeke van jou stem
omhelsend vrede bring
en die honger van jou kyk vertel:
maak jou boek oop
ek wil jou lees
in my gemoed
ontbind 'n liggaam
verslae afgeknot
tot nuwe groei
-deur jou aanraking betower-
die sagte soeke van jou stem
omhelsend vrede bring
en die honger van jou kyk vertel:
maak jou boek oop
ek wil jou lees
Thursday, December 13, 2012
teerheid
1)
gister sou
hy Hoort
maar nou
Pas hy
delikaat
sy woord
in deernis
2)
asem fluister
in haar slapende gehoor
flenters vlug
die seer vanuit
sy diepste trane
asem styf
en stadig
vlak
vervang haar veer
en talm
tot doodstil haar vrees
beweging maak
om asem
terug
te ontwaak
3)
dalk,
miskien
sou die lewe beter gewees het
sonder lettertaal
om so aan elke individu
sy eie prentjieletters
te gun
wat woordbeelde maak
esteties in beginsel,
sag en mooi,
sonder dat frommel letters
onsamehangend
flenter slaan
hoekom moes Mayan nou tot 'n einde kom?
gister sou
hy Hoort
maar nou
Pas hy
delikaat
sy woord
in deernis
asem fluister
in haar slapende gehoor
flenters vlug
die seer vanuit
sy diepste trane
asem styf
en stadig
vlak
vervang haar veer
en talm
tot doodstil haar vrees
beweging maak
om asem
terug
te ontwaak
3)
dalk,
miskien
sou die lewe beter gewees het
sonder lettertaal
om so aan elke individu
sy eie prentjieletters
te gun
wat woordbeelde maak
esteties in beginsel,
sag en mooi,
sonder dat frommel letters
onsamehangend
flenter slaan
hoekom moes Mayan nou tot 'n einde kom?
Sunday, December 9, 2012
rou
1.
bietjie-lyfie dood
'n wrede wanbegrip
tussen aannames
perspektief
en samelewing
se sogenaamde norme
hy blind hom
teen 'n toekoms
van warm omgee
nuwe lewe
opreg lief wees
staar vas in sy doos
van hoek en lyn en vlak
wat bietjie-lyfie alewig bekak
2.
wat het geword
van jou blomme
soene met tuiskoms
vashou
tot die moredou
sprankel bewonder
sonder vraag wat dit bevorder
wat het geword van jou
die mooi van jou
het ons mekaar
so doodgevou
?
3.
TONGUE:
take me
fake me
break me
rape me
bietjie-lyfie dood
'n wrede wanbegrip
tussen aannames
perspektief
en samelewing
se sogenaamde norme
hy blind hom
teen 'n toekoms
van warm omgee
nuwe lewe
opreg lief wees
staar vas in sy doos
van hoek en lyn en vlak
wat bietjie-lyfie alewig bekak
2.
wat het geword
van jou blomme
soene met tuiskoms
vashou
tot die moredou
sprankel bewonder
sonder vraag wat dit bevorder
wat het geword van jou
die mooi van jou
het ons mekaar
so doodgevou
?
3.
TONGUE:
take me
fake me
break me
rape me
Sunday, December 2, 2012
Subscribe to:
Posts (Atom)







