moi

moi
seulement moi

Saturday, April 9, 2011

Net...



soms
wil  ek ook die white picket fence huisie he
die kinders
wat hoor as ek se Sit af die Lig
die kosblik
wat vanaand na werk leeg terugkom wat ek met soveel sorg gevul en gesoen het in die vroee oggendlug
my vriendinne
sorgvry  ontmoet vir tee en vanaand se spyskaart bespreek
helder bont blomme
kweek in ‘n netjiese ry oppad na die voordeur wat verwelkom
die tuin
wat altyd groen bly omdat my hand die tyd het om te laat groei en besproei
die vrede van genoeg
en die regte man
wat net my lief het

met ‘n
kyk wat dit wys

No comments:

Post a Comment