moi

moi
seulement moi

Monday, April 18, 2011

Tragedie


(Vir L)

Ag,

my liewe borrelende sprankelkind
salig onbewus van my liefde in jou hand
Ek hoor jou lag
Voel die stille luister,

Koester
Waardeer
Vertroetel dit

Wees die troos
wat met jou onskuld
stille swye sagter draaglik maak

Elke toekomstree verbreed die gang tussen my en jou
Sien hoe fel die wind
weg van my
beskerming na jou kant oorhel

Jy wat die skoonheid raaksien in die stukkend:-
soos jou gebreekte huis
is hierdie huis van my ook nou,
val al my drome in jou liefde plat
My versoek aan jou:



Hou dit net
asseblief
vir ewig
veilig vas


(erkenning aan Hugo Meyer vir skets)

2 comments: