moi

moi
seulement moi

Friday, April 29, 2011

voel

ek het gedink
jy is die seerste
verlies, pa
Nee .
die tragedie
tref dieper
tot verby waar ek jou gebere het
met die hoop
om te onthou 
maar tog vergeet
Nee .
die een is te seer
dis te finaal
te hopeloos
ai, pa
as ek my net kon 
krimp in jou omhelsing
dalk sou dit help
Nee .
waar is jy?
wie is jy nou?
wat het van jou geword?
gaan ek ooit weer jou kyk voel?
gaan ek ooit weer
voel?

3 comments: