moi

moi
seulement moi

Saturday, May 7, 2011

Slow Motion

het jy ook opgemerk
hoe die meeue stil
almal in een rigting kyk,
die deins die golwe se
ritme verstadig,
die gecko viervoetig
apart van mekaar ophou trap,
die son vir 'n oomblik
hang,
die lig versag,
die mis effens stywer druk
aan sand, stil word

die oomblik toe jou hand
die aarde onder my voete

halt

4 comments: