moi

moi
seulement moi

Saturday, May 7, 2011

vretende verlies (vir j)

so het sy stil geword
en met 'n stadiger tempo
haar sprankel verloor

nou verstaan sy die afstand
tussen lief wees en verlies
sien sy hom in elke lee oomblik

vandag begryp sy hoe
geforseerde finaliteit
verlange se ewigheid aanvuur

en in haar stille kreet
onverwags groot geword
omkring in tragedie
wat 'n lewenslus wegbloei

herinneringe wat aanhou tap
o here, dit maak so seer
elke een huil soos 'n vuishou
op haar onskuld neer

erkenning aan hugo meyer vir skets

4 comments: