moi

moi
seulement moi

Wednesday, June 15, 2011

my kroon



en toe stap hy ver weg
die oggend
toe my pruimboom
sy laaste blaar verloor,
met grou grys
die winter welkom heet
Elke tak 'n kaal herinnering
wat uiterstes van pyn en euforie vorm
in dit wat ons noem
boomkroon

en wanneer die lente terugkeer
waarmee gaan die nuwe groei
my muwwe winter dan konfronteer?

2 comments: