Middernagtelike gedagtes draai rond by die dood.
Soveel is dood.
Wat is die verskil?
Finaliteit.
Los my fokken uit.
Ek is 'n failure.
Ek behoort nie hier nie.
Terug na hom.
Hy was op 'n stadium my jongste boetie wat my met paddas bang gemaak het.
Ons het grashuise saam gebou en in onskuld 'n lewe gespeel wat geen verpligting of pyn vashou.
En toe kom die afstand en gaping toe ons ouer word soos die lewe ons tref.
Alles draai in sirkels.
Wat my kind onbewustelik in haar verborge gedagtes uitskree laat 'n pyn van hom eggo.
My gedagtes ruk terug na onskuld en ons jeug.
Dit bind die onvermydelike foute van moederskap, kommunikasie of verlies daarvan.
Die foto van Nico in sy stoutgat onskuld kinderdae.
Bring my na ons passie van 'n jaar gelede, die euforie.
Vir ewig verlore, dood, finaal.
Bloot 'n herinnering, dis al.
Die afgryslike foute van ouerskap.
Onbewustelik.
Die effek verskil bloot by verskillende mense.
Wat is lewe?
So sinneloos.
Mag my eie kinders asseblief net nooit die desperate vrede so smag nie.
Spaar my net die pyn al word dit onbewus uitgeskree.
Help!
No comments:
Post a Comment