ek het my gaan balsem in die kruiereuk van veld.
jou af gewas en weg geskaaf in bruisend vries bergwater.
jou skynheiligheid gaan vermorsel teen elke krans se afgrond
rots.
daai vlymskerp tong van jou gaan uitskreeu
en gevryf tot swelblou in elke Doodstil klip.
elke verminkte opinie
en vals aanklag van jou mond
het ek uit gaan wip. Hard weg gespoeg
en onder nuwe wiel vertrap,
verewig in ou teer en gruis.
ek het jou gaan braak en weer en weer gebraak.
ek het jou in klowe gaan verbrysel.
die natuur gevra vir hulp
met jou spoke jaag tot Niks
wat in die oggendmis kwistig uitvee, verdwyn.
ek het jou terug vermink na Nikswerdman.
eie self (en al jou ander slagoffers) weer mens gemaak.
gepleit vir nuwe vel.
because i am finally moving on.